ONTBYT BROODPOEDING
(6-8 PORSIES)
8 eiers
1 liter melk
1 pk wituiesoppoeier
Sout, gemaalde swart peper en neutmuskaat
8 croissants, oopgesny, maar nie heeltemal deur nie
12 lappies piekniekham in repies gesny
300g gerasperde cheddar kaas
‘n paar tiemietakkies, blaartjies verwyder
Metode:
Voorverhit die die oond tot 160°C, smeer ‘n oondvaste bak van 20 x 30 x 5cm goed met botter. Klis eiers, melk en uiesop saam en geur met sout, peper en neutmuskaat na smaak
Vul die croissants met die ham en helfte van die kaas. Rangskik die gevulde croissants in die bak sodat dit soos toebroodjies oorvleuel, strooi die tiemieblaartjies bo-oor. Giet die eiergemgsel oor die croissants en druk dit liggies sodat die vloeistof geabsorbeer word. Strooi res van die kaas oor en bak ongeveer 1 uur tot gepof, goudbruin en gaar. Sit warm voor.
Variasie: Vervang croissants met wit of bruin brood, gebruik enige ander kaas of soppoeier.
Foto: Leandri Potgieter
Het net die croissants met witbrood vervang en die piekniekham met maalvleis en kaas binne in ook gesit