SANCHé SE OONDGEBAKTE SOUSKLUITJIES
Resep en foto: Sanché Vermaak
FOOD LOVERS RECIPES
Sous :
1 ½ liter water
300 g suiker (375ml)
5 ml kaneel
2 ml sout
Deeg:
500 ml koekmeel, ongesif afgemeet
15 ml bakpoeier
1 ml sout
30 ml margarien of botter
2 eiers, geklits
125 ml melk
kaneelsuiker na smaak
Voorverhit oond 180°C.
Sous :
Verhit water, suiker, kaneel en sout saam tot kookpunt.
Kook dan vir 3 minute.
Maak intussen die deeg aan.
Deeg:
Sif meel, bakpoeier en sout saam.
Vryf botter in meel met vingers tot goed gemeng.
Meng eiers en melk, voeg by meelmengsel in en meng tot deeg.
Gooi die kokende stroop in groot diep oondskottel met ‘n deksel.
Skep desertlepelsvol deeg netjiese hopies in die sous.
Doop elke keer die lepel in die warm sous voordat die volgende kluitjie geskep word.
Strooi kaneelsuiker bo-oor.
Sit deksel op en bak die kluitjies vir 40 – 45 min.
Dien warm op en verkeer eeeeetsaaaaam!








