


ROOM KNOFFELSLAKKE
Resep en foto no 1: Elsie Jacobs Dreyer
Foto no 2: Marilyn Gombert
FOOD LOVERS RECIPES
2 eetlepels botter
4 knoffeltoontjies wat fyn gekap
2 eetlepels koekmeel
2 koppies room
2 koppies kaas van jou keuse
Slakke
Smelt botter en braai saam met knoffel vir so ‘n minuut. Die knoffel moet nie brand nie. Meng meel by en dan room. Roer aanhoudend tot dit dik begin word en sprinkel dan kaas by. Spoel die slakke af onder koue water en sit in kaasmengsel. Moet nie kook nie. Laat net opwarm anders word slakke taai. Skep in oondvaste bakkies, strooi ‘n goeie hopie kaas oor en bak onder die oond rooster tot Bubbly en goud bruin.







geskuif