
PLANT JOU EIE PATATS
Vic van Biljon
jy vat ‘n heel gesonde patat, koop sommer by Pick & Pay en plant die patat netso in vol son. Hou die grond klam. Na so paar weke sal die patat uitloop en ranke maak. Wanneer die ranke sowat 200 mm lank is sny jy net die ranke af. Ek sit my gesnyde ranke in water vir sowat 10 dae om wortel te skiet want dan groei dit vinniger wanneer dit geplant word. Sterkte en sukses !!!
Maggie Janse van Vuuren
Hoe lank vat dit om te dra en waneer plant mens dit as jy kan help Vic
Vic van Biljon Hallo Rina en Maggie. Die beste is om nou die patat knolle in die grond te kry, sommer in ‘n pot of enige groterige houer, sodat hulle kan begin groei. Plant in ‘n beskutte plek waar dit beskerm is teen koue wind en veral ryp. Probeer om die ranke in ‘n houer met water te kry so gou as moontlik. Soos ek gese het dit vat ongeveer 10 dae om wortels te ontwikkel. Plant dan die plante in die grond wat met kompos verryk is en so bietjie super fosfaat en 2:3;2 kunsmis. Plant wanneer alle gevaar van koue en ryp verby is. Die groeityd is taamlik lank want dit vat so 5 tot 6 maande. Die plante maak dan ‘n pers blommetjie en dan begin die ranke om dood te gaan. Ek wag nog so drie tot vier weke voordat ek begin oes.






