LIZAAN SE LEKKER BROOD
1 kg Broodmeel
1 pers pakkie kitsgis
3 t sout
3 t suiker
550 ml sterk lou water
3 tot 4 eetlepels smeer
1 t suurlemoensap
Gooi alle bestanddele in bak maar MOENIE dat jou gis en suurlemoensap in direkte kontak kom met mekaar nie anders deaktiveer jou gis. Knie nou baie goed totdat deeg nie meer aan jou hande klou nie. Maak lekker toe met kombersie en laat rys op n warm plekkie. Knie af en sit in panne. Maak weer lekker warm toe en laat rys pan vol. Bak by 180 grade C vir ongeveer 1 uur of tot die brood hol klink as jy daarop klop.
lekker eet
RESEP: Lizaan Ras le Roux








