PETRU SE GEBAKTE BOTTERSKORSIE MET UIE
Ek sny my butternut ringe, geskil en ontpit en paak lae in ‘n oondvaste bak. Tussenin kan jy uie ringe pak. Dan meng ek ‘n halwe pakkie tot ‘n vol pakkie bruin uie sop poeier met ‘n houertjie room. Gooi die mengsel oor die pampoen, maak toe met foelie en sit in oond teen 180 grade c vir plus minus 45 min. Heerlik!
Bron: Petru Bezuidenhout
Foto: Food24








