PANNEKOEK LASAGNE MET ‘N VERSKIL
Om pannekoek, pleks van pastavelle, vir lasagne te gebruik, sorg vir dunner, sagter lagies tussen die vleislae; en vir ’n heerlike geur.
Sorg dat jy ’n ronde bak gebruik wat net ’n rapsie groter as die pannekoeke is, sodat die pannekoek perfek daarin pas. Dis ook ’n lekker resep vir die plat ysterpot en kan maklik oor die vuur gemaak word.
Vleissous:
30 ml olie
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, gekap
250 g beesmaalvleis
250 g gemaalde varkvleis
15 ml Worcestersous
15 ml tamatiepasta
1 blik (410 g) tamatiepuree
125 ml water
sout, swartpeper en suiker na smaak
5-10 ml gekapte vars OF 3 ml droë oreganum
Witsous:
45 ml botter
45 ml koekmeel
850 ml louwarm melk
sout en peper na smaak
6-8 pannekoeke
2 eiers
Vir die vleissous: Verhit die olie en braai die ui en knoffel in ’n pot tot geurig. Voeg die vleis by en braai tot gaar. Voeg die res van die bestanddele by en verhit tot kookpunt. Prut vir 20 minute baie stadig, terwyl jy nou en dan roer. Terwyl die vleissous prut, maak ’n witsous van die botter, meel, melk, sout en peper. Voorverhit die oond tot 180°C.
Om saam te stel: Skep ’n dun lagie vleissous onder in ’oondbak en smeer gelyk. Sit ’n pannekoek bo-op en skep nog ’n lagie vleissous op die pannekoek. Skep ’n dun lagie witsous bo-oor die vleissous en bedek met nog ’n pannekoek. Herhaal die lae en hou sowat 250 ml witsous oor om bo-op te gebruik. As jy jou laaste lagie vleissous geskep het, voeg die eiers by die orige witsous en klits goed.
Skep die sous bo-op en bak vir 30 minute tot die sous goudbruin en die lasagne deurwarm is. Laat staan vir 10 minute voor jy die lasagne voorsit. Eet dit met ’n mengelslaai. Lewer 8 porsies.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans
Foto 1: Maurice Darren Olivier
Foto 2: Adam Cloete
Foto 3: Erika Weber Vos
Ons het die lekker pannekoek lasagne bietjie verder geneem en hierdie keer hoender in plaas van maalvleis gebruik.

Aletta Muller
Vleis gaar gemaak soos vir lasagna, witsous van ‘n 1 L melk gemaak.
Pannekoek resep:
1 koppie meel
1 teelepel bakpoeier
knippie sout
2 eiers
½ koppie olie
1 ½ koppies koue water
Meng baie goed en bak.
Resep is vir ± 6 pannekoeke.
‘n Laag pannekoek dan ‘n laag vleis, witsous, dan weer pannekoek en weer vleis en witsous en laaste ‘n laag pannekoek en witsous en dan ‘n lekker laag gerasperde kaas. Bak vir 45 min by 180ºC.



-300x224.jpg)







Geskuif
Erika Weber Vos
Dankie almal. Is baie lekker. Sal net volgende keer die pannekoeke bietjie dikker maak.