Marianne se lekkerbek kerrie
Gebruik n kastrol met n dik boom.
Vat so kwart koppie olie en braai 2 gekapte uie tot begin sag word, voeg nou die volgende by:
4 groen kardamonpeule
2 swart kardamonpeule
1/2 t koljandersaad
1/2 t vinkel
1/2 t cuminsaad
1/2 t swart peperkorrels
1 t mosterdsaad
2 lourierblare
So een takkie se kerrieblare
2 ster anysse
1 t vars gerasperde gemmer
1 t fyn knoffel
So 2 of 3 brandrissies
1/2 t borrie
1 t paprika
750g vleis blokkies van jou keuse
Braai saam uie tot jy die aroma kry van die kruie. Voeg nou jou blokkies vleis by en roer deur. Verlaag die hitte sodra begin prut. Indien nodig kan jy bietjie water bysit maar die vleis maak sy eie vloeistof omdat jy dit koud en alles op een slag insit. Nou kan jy tamatie en greenpepper insit of uitlaat indien verkies. Prut stadig totdat vleis sag is. Ek voeg paar blokke aartappels by. En prut verder tot sag. Net voor opdiening roer jy so paar takkies dhania(koljanderblare) en so 1/2 k klappermelk by. Bedien op basmatie rys.
Resep en Foto: Marianne Van Niekerk