MAKLIKSTE EN HEERLIKSTE HOENDER MET SOUT
BESTANDELE
1 Hoender
Sout
METODE
Gooi die sout teen die kant van die oondpan (nie glasbak nie – sal bars). Ek sit die foto van die hoender in die pan op sodat julle kan sien waar die sout gegooi moet word. Sit een of 2 heel hoenders in die middel. Die sout moet nie aan die hoender raak nie. Bak 2 ure op 180 vir ‘n heerlike sappige hoender. Die sout trek deur die hoender en die velletjie is krakerig. Yummy!
BRON/FOTO: Corrie Hildebrandt








