Vanmiddag het ek die Indiese Chef se kombuiskas oopgemaak, aan alles geproe en ingegooi, en dit is die kerriehoender wat daar uitgekom het. Regtig baie lekker geurig en lig.
LIGTE GEURIGE KERRIEHOENDER
4 hoender borsies in blokkies gesny
100 ml gewone yogurt
sap van 1 klein suurlemoen
paar takkie pietersielie fyn gesny
2 takkies roosmaryn blare
3 kardomon sade
3 heel naeltjie
stukkie heel kaneel stokkie (3 cm)
2 ster anys
1 gedroogte kerrie blaar
1 knoffel vinger fyn gekap
Half teel van elk van die volgende:
komyn, borrie, coriander, masala mix
Chicken spice , die een in die grinder na smaak
1 klein bossie chives of spruit uie gekap
1 pk Royco Mushroom sauce aangemaak met 150ml water
250ml room
Sit jou blokkies vleis in ‘n bak, meng die res van die bestandele buiten die chives, sous en room. Gooi dit oor jou vleis blokkies meng goed deur en laat staan vir ongeveer 2 ure. Roer elke nou en dan deur.
Sit nou ‘n lekker diep pan of pot op die stoof met bietjie olyf olie en braai die chives/uie bietjie, gooi nou jou hoender met sous en al in en laat lekker stadig kook tot die hoender gaar is. Dit sal lyk of dit wil “skif” moenie skrik nie, dit kom weer reg. Laat dit kook tot jou vloeistof begin verdik en die hoender sag is. Gooi die pakkie aangemaakte sous by en laat lekker deur kook. Gooi die helfte van die room by en warm net weer op, haal van die stoof af en gooi die res van die room by. Indien jy wil warm maak.. sit paar minute in die mikrogolf of laat net baie vining deurkook SONDER ‘n deksel. Toets vir sout en pas aan.
Hierdie kerriehoender is net geel en geurig en brand glad nie, mens kan hom maar aanpas na smaak.
Klink vreeslik, maar is regtig ‘n baie lekker ligte Kerrie.
Bedien met basmati rys en groente van jou keuse. Soet wortels het heerlik hierby gepas en die “baby gems” met room spinasie rond dit mooi af.
Resep en foto: Rina Kleinhans.









Geskuif