LEKKERSTE PAMPOEN KOEKIES MET KARAMELSOUS
500 ml gaar pampoen
50 ml gesmelte margarien
50 ml bruinsuiker
5 ml vanielje geursel
2 eiers liggies geklits
125 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
bietjie fyn kaneel en ekstra bruinsuiker vir bo-oor sprinkel.
Verhit die oond tot 190°C en smeer muffin pannetjies.
Meng al die bestanddele saam.
Nota: Indien die pampoen baie waterig is, sit bietjie ekstra meel by jou beslag, of dreineer die pampoen in ‘n sif voor jy dit gebruik.
Skep mengsel in pannetjies en sprinkel bietjie fyn kaneel en bruin suiker oor.
Bak vir 30 minute of tot gaar.
Karamelsous:
250 ml melk of room
125 ml suiker
50 g botter
5 ml karamel of vanielje geursel
Los op en kook vir 5 minute.
Verdik met bietjie Maizina (in klein bietjie water opgelos)
Kook tot verlangde dikte.
Skep lepels vol van die warm sous oor die pampoen koekies sodra dit uit die oond kom.
Laat staan sodat sous in die pampoen koekies kan intrek.
Afhangende van die muffin pannetjies se grootte kry ek so +_ 12 tot 21 koekies.
Dis heerlik smaak soos pudding
Nota: Ek weet regtig nie of dit gevries kan word nie. Ek gooi die warm sous oor die warm pampoen koekies terwyl dit nog in die muffin pannetjies is. Onthou net as julle die beslag in die muffin pannetjies skep om dit net driekwart vol te maak, anders rys dit bo-oor, daar moet nog plek wees as jy die sous bo-op gooi. Hoop dit help.
Nota Paula Vuyk:
Ek het vandag weer die gebakte pampoenkoekies op die blog gemaak. Dit bly altyd n groot treffer in ons huis. Ek gebruik butternut en kook dit saam met ‘n kaneelstokkie. Heerlik!
Resep: Anet Grove
Foto’s: Pieter van Niekerk, Danielle Voges en Paula Vuyk











Geskuif met kommentare
Ansuné Van Der Westhuizen
Sover ek kan onthou het ek sommer melk gebruik en het ek dink so +-20 uit gekry. Beslis meer as 18.
Jaquleen Myburg
Ek het nou net die “Lekkerste pampoenkoekies met karamelsous” resep op die blad uitprobeer…Oh my word! Dit is absoluut fantasties en so maklik. Sal nooit weer pampoenkoekies op ‘n ander manier maak nie. Baie dankie vir die resep!
Ansuné Van Der Westhuizen
Ek wil net laat weet, ek het so 2 weke terug hierdie pampoen koekies gemaak en dit probeer vries met die stroop klaar oor, het gisteraand van die gevriesdes ontdooi en dit was steeds heerlik en sappig. So dit kan met sukses gevries word as die stroop reeds oor is.
Hi Ansuné, het jy die sous met room of melk gemaak? Hoeveel koekies het jy uit die beslag gekry?
Hallo Annelie Ansune sal nie jou vraag hier sien nie, ons sal dit maar op die groep moet vra, hou maar dop ek sal haar daar vra, baie dankie vir jou inloer. Rina
Hi Annelie behoort jy al aan ons faceboek groep? Ek het die vraag daar vir die lede betrokke geplaas
Anet Grove
Rina Kleinhans, ek het dit baie lanklaas gemaak, ek wil amper dink so 12. En vir die sous gebruik ek melk.