

KITI SE SAGTE BROODROLLETJIES
1 kg meel
15 ml sout
45 ml suiker
45 ml melkpoeier
62.5 ml botter
2 blokkies gis (2 sakkies)
550 ml lou water
Sif droe bestanddele en vryf botter in.
Los gis op in water en roer by flour in.
Meng tot sagte deeg en knie 10 minute.
Plaas in gesmeerde bak, bedek en los dat dit rys (30 minute).
Knie af en verdeel in 2, rol elke deel in ‘n wors.
Sny elke wors in 15 gelyke dele.
Rol elke deel in ‘n bal en rol ovaalvormig uit.
Rol op soos ‘n rolkoek.
Plaas op bakplaat met naat na onder.
Bedek met kleefplastiek en laat 45-50 minute rys op warm plek.
Verf elke rolletjie met eier-water mengsel (of sommer aangemaakte vlapoeier) en bak 12-15 minute teen 230 grade C.
Resep: Kiti de Jager
Foto: Elsabie Templeton







geskuif