

KAMMA MAALVLEISROL
1 pakkie bruin uiesoppoeier
2 koppies water
1 koppie hawermout
2 eiers
2 ml naeltjies
2 ml neutmuskaat
1 pakkie skilferkorsdeeg
olie
Kook die soppoeier in die water met deksel op vir 10 minute.
Meng die hawermout met die eiers en speserye.
Voeg dit by die sopmengsel en roer goed.
Verhit olie in pan.
Braai die hawermout in die olie.
Haal uit en vorm worsies daarmee.
Bedek dit afsonderlik met die skilferkors – dit moet soos klein worsrolletjies lyk.
Bak teen 180grade C vir 20 minute.






