

KAAS, BACON EN MUSHROOM SOUTTERT
Vir die Kors
Sif 210g koek meel en vryf dan 45ml lae vet margarine by totdat dit soos fyn broodkrummels lyk.
Klits 1 eier en 3 eetlepels water bymekaar en gooi dan by die meel mengsel.
Meng goed met ‘n mes. Maak ‘n balletjie en maak toe in kleef papier. Plaas in die yskas vir 30 minute. Rol dan uit en sit in ‘n tert pan. Steek ‘n paar gaatjies met ‘n vurk en sit ‘n stuk bakpapier in. Gooi rou boontjies in en bak vir 8 minute in ‘n 200 grade Celsius oond. Verwyder die papier en boontjies. Verlaag daarna die temperatuur na 180 grade Celsius.
Vir die vulsul
braai 1 gekerfde ui en 250g mushrooms.
Maak 250g “diced” bacon gaar en meng by die mushrooms & uie.
Dreineer die souse af.
Gooi die mengsel in die kors en rasper 100g kaas bo-oor.
Klits 3 eiers, 250ml melk en sout, peper en pietersielie bymekaar en gooi bo-oor. Bak in die oond vir 45 minute.
BRON- Elizma Vosloo Botma






