INGRID SE LAMSKENKEL BREDIE
1 kg lamskenkels
Wortels
Aartappels
Ui
Vars tamaties fyn gemaak in voedselverwerker
Origanum
Garlic pepper
Sout
Knoffel
Ek werk nie van resep af nie my eie konkoksie. Ek braai my skenkels in olyfolie tot mooi bruin. Haal uit en hou een kant. Braai ui en wortels met knoffels tot ui sag is. Gooi vleis terug met aartappels by. Voeg tamaties, tamatie paste, kruie, etc by met bietjie water. Ek bak dan in oond tot vleis sag is en groente gaar. Voeg maar nog water by as dit droeg kook. Jy kan ook bruin ui sop byvoeg as dit te loperig is. Ek gooi ook so 2 eetlepels suiker by om die suur te breek. Bedien dan met rys.
Resep en foto: Ingrid Mouton








