GOEIE RAAD VIR DIE KOOK VAN MARMELADE
Ek het juis nou onlangs ‘n groot klomp growwe skil suurlemoene in marmelade omskep, so hier is wat ek doen:
Sny vrug middeldeur, druk sap uit, behou al die pitte – dis hoofsaaklik waar die pektien vandaan kom – week dit in koue water. Die water gooi dan ook in die pot gooi wanneer die konfyt self gekook word, terwyl die pitte in ‘n moeselien doekie vasgebind en ook in die jam geggooi word.
Dan krap ek die vliese uit die skil en gooi die heel skille in pot kookwater. Ek laat dit prut tot die skil sag genoeg is om vuurhoutjie se agterkant maklik deur te druk. (Ek behou die kookwater) Laat afkoel en sny dan met ‘n baie skerp messie in dun repies. Jy kan dit ook deur die vleis meule gooi, maar dan is dit brokkies, nie repies nie.
Onthou ook dat die skil sag moet wees voor jy enige suiker betrokke kry, anders word dit nie sag nie. Voorspoed!
Volg dan jou resep.
https://www.foodloversrecipes.com/2015/07/petro-se-suurlemoen-marmelade/
Geplaas deur Petro Borchard









Petro Borchard
Ek het die naweek die heel lekkerste lemoen marmelade gemaak. Ek kan nie regtig ‘n resep gee anders as wat reeds op blog is nie.
Wat ek wel anders as normaalweg gedoen het, is die volgende :
Ek het ‘n klomp skil in genoeg water om dit te bedek in die stoompot gekook dat dit sag is. Toe dit hanteerbaar was, het ek dit in dun repies gesny.
Ek het die skyfies uitgesny soos wat jy maak as jy pomelos eet. Die water waarin die skil gekook is het ek by die ‘vleis’ gevoeg en ook ‘n liter gekonsentreerde lemoensap (soos Minute Maid) by gegooi. Ek het dit toe gekook soos normaal en so halfpad deur die repies skil bygevoeg.
Dit het ‘n baie intense lemoensmaak, seker agv die konsentraat wat ek bygevoeg het.