GOEIE RAAD VIR DIE KOOK VAN MARMELADE
GOEIE RAAD VIR DIE KOOK VAN MARMELADE
Ek het juis nou onlangs ‘n groot klomp growwe skil suurlemoene in marmelade omskep, so hier is wat ek doen:
Sny vrug middeldeur, druk sap uit, behou al die pitte – dis hoofsaaklik waar die pektien vandaan kom – week dit in koue water. Die water gooi dan ook in die pot gooi wanneer die konfyt self gekook word, terwyl die pitte in ‘n moeselien doekie vasgebind en ook in die jam geggooi word.
Dan krap ek die vliese uit die skil en gooi die heel skille in pot kookwater. Ek laat dit prut tot die skil sag genoeg is om vuurhoutjie se agterkant maklik deur te druk. (Ek behou die kookwater) Laat afkoel en sny dan met ‘n baie skerp messie in dun repies. Jy kan dit ook deur die vleis meule gooi, maar dan is dit brokkies, nie repies nie.
Onthou ook dat die skil sag moet wees voor jy enige suiker betrokke kry, anders word dit nie sag nie. Voorspoed!
Volg dan jou resep.
http://www.foodloversrecipes.com/2015/07/petro-se-suurlemoen-marmelade/
Geplaas deur Petro Borchard

