GESTOPTE HEEL KOOL GEREG
1 x koolkop ongeveer 2kg of kleiner indien verkies
500g maalvleis
250g spek stukkies
1 opgesnyde ui.
Groente van jou keuse- gemengde groente werk goed
1kp gaar rys of gaar noedels.
Metode
Sny vir jou n dekseltjie bo af
Hol jou kool groot genoeg uit
Maak n lekker vulsel van maalvleis,bacon uie en noedels ens net wat jy wil gebruik. Braai die ui, en voeg die spek by, sodra begin verkleur, sit die maalvleis by en braai tot alles mooi kleur het, sit nou gemengde groente by indien verkies. Gooi kruie en speserye by na smaak.
Maak seker dit is nie te souserig nie. Sit ‘n goeie 3 eetl van spur se creamy peppersauce by. Mens kan self bietjie kaas oor die vulsel sit indien verkies.
Skep die vulsel in die kool en plaas botter bo-op en dan die kool deksel
Maak toe en smeer weer lekker botter en sout.
Draai styf toe in dubbel foelie
Bak in die oond tot jy voel as jy teen hom druk is hy sag. ongeveer 2 ure, maar minder as die kool nie te groot is nie.
Laat hy effens afkoel en sny dan soos ‘n koek. Bedien met lekker slaai.
Foto: Ansi Fourie Pypers Fourie
Nota:
ek het mince apart gemaak en toe dreineer orige olie. musrooms uie en peppets apart gebraai en toe weer mince bygsit. noodels apart gekook, dreineer en bygesit. kool moet ook nie onder te dun wees nie









