
GESTOLDE KLAPPERSLAAI
1 blik (410 g) fyn pynappels
water
250 g roomkaas
2 pakkies pynappeljellie
1 blik verkoelde ingedampte melk
375 ml klapper
pietersielie, soveel soos verkies
knippie rooipeper
aromat na saak
Dreineer die pynappel en behou die stroop. Vul die pynappelstoop aan met water tot 375 ml in totaal. Plaas die stroop en water in ‘n kastrol en kook vir 5 minute. Voeg die jelliepoeier by en roer tot opgelos, verwyder van die hitte en laat die mengsel afkoel.
Meng die pynappel en roomkaas by die jellie in die kastrol.
Klits die ingedampte melk styf.
Voeg die jelliemengsel drupsgewys by die ingedampte melk en klits aanhoudend.
Voeg die klapper, pietersielie, rooipeper en aromat by en meng goed.
Giet die mengsel in ‘n voorbereide vorm, plaas in die yskas tot gestol en ontvorm en garneer soos verkies.
Resep: Stephanie Strydom







Done