FRIKKADELLE IN TAMATIE EN KRUIE SOUSIE
Frikkadelle:
500g Maalvleis
1klein Ui,gerasper
2 fyn gerasperde wortels
1 pakkie Knorr Meatball Kebab Dry Cook In Sauce
100ml koue water
Metode:
Meng al die bestanddele saam en vorm Frikkadelle en plaas in oondbak
Sous:
1 Ui
1Pakkie Royco Tomato and Herb Casserole Dry Cook in Sauce
350ml water
Metode:
Braai ui tot deurskynend,voeg pakkie sous en water by en laat deur kook…gooi oor frikkadelle en bak by 180°C tot gaar,ongeveer 30-40min lank…jy kan dit bedruip met die sous gedurende kook proses maar pasop vir te lank in die oond dan kan dit uitdroog. Baie lekker. Geniet dit.
Resep en foto: Noelene Saal








