


ELSABE SE MELKTERT MET KORS
Kors
125 g botter
2 eetlepels suiker
knippie sout
1 teelepel vanilla
1 eier
2 teelepel bakpoeier
2 koppie koekmeel
1 eetlepel olie
Klits eier, botter, suiker, olie goed – sif koekmeel by en meng goed. Druk in panne vas en bak tot bruin.
Vulsel
2 eetlepels botter
6 koppies melk in pot
Meng bietjie melk met 4 eiers
1 teelepel vanilla
knippie sout
3 eetlepels maizena
2 eetlepels kaneel
8 eetlepels suiker
Wanneer melk kook voeg by, kook tot gaar en skep in die korse.
Laat afkoel.
Resep en foto: Elsabe Britz Vander Watt






