DUIFIE SE SPONSKOEK
Foto en Resep: Duifie Miller
FOOD LOVERS RECIPES
Stel oond op 160 ºC.
Spuit oondpan en sit waspapier onder in.
3 koppie koekmeel gesif
2 koppies suiker
½ teelepel sout
¾ koppie olie
1 ½ koppie melk
6 eiers geskei
10 ml vanilla geursel
4 teelepels bakpoeier
Sif droë bestanddele saam.
Skei die eiers.
Meng melk, olie, eiergele en vanilla saam.
Voeg by meelmengsel en meng vir 3 min.
Klits eierwitte baie styf en vou by die mengsel in, moenie klits nie.
Skep in oondpan en bak 40 min.








