BLOUBESSIE–BLUEBERRY KOLWYNTJIES
Nog ‘n resep waarin mens die ‘whey’ van die feta kaas resep kan gebruik.
100 g vars bloubessies
100 g bruinsuiker
100 g wit koekmeel
100 g bokwiet meel (buckwheat)
5 g sout
5 g bakpoeier
100 ml whey
ekstra water indien nodig
Meng al die droe bestandele saam, en meng san sie bloubessies met dit sodat hulle goed bedek is met die meel. Dit verhoed dat hulle afsink in die mengsel. Meng dan die whey in – die deeg moet stywerig wees. Skep eetlepels vol in gesmeerde kolwyntjie panne, en bak vir 20 minute in ;n 180 grade Celsius oond.
Sprinkel met versiersuiker wanneer koud.
BRON – Leonie Overbeek








