

BESTE MAALVLEIS SKONSGEREG
Smaak was baie lekker, maar ek sal die skonbolaag halfeer want hy is Baie !!
olie
1 uie gekap
1 teelepel vars knoffel
700 g maalvleis ( ek 500 g gebruik)
2 eetlepel worchestersous
2 ml sout
peper na smaak
1 eetlepel pietersielie
1 koppie bevore gemengde groente
1 pakkie soppoeier
1 ½ koppie kookwater
Braai ui en maalvleis en meng res van die bestanddele by en braai so 5 min. Skep in ‘n voorbereide oondbak.
Skons bolaag:
2 koppies bruismeel
1 teelepel mosterdpoeier
1 ml sout
Peper na smaak
3 eetlepels botter
2 eetlepels pietersielie
1 blik suikermielies
1 eier
Bietjie melk
Sif droë bestanddele en vryf botter in tot krummels. Meng die res by en skep bo op die vleis. Bak 35 min by 200ºC.
Resep getoets en foto: Benhet Nieuwenhuis







geskuif
Baie lekker!!! Halfeer die skonbolaag anders raak hy te dik.