ADAM SE COWBOY ONTBYT
1 fyngekapte ui
200g bacon in blokkies gesny
2 eetlepels balsamic asyn
1 teelepel bruinsuiker
knippie sout en peper na smaak (cayenpeper werk lekker)
1 blikkie baked beans in tamatiesous
2 eiers
Karameliseer die uie deur dit stadig in ‘n eetlepel botter, gemeng met ‘n bietjie olie te braai. Gooi ‘n bietjie sout oor sodra dit begin braai en laat dit stadig verbruin. Sodra die uie begin verbruin (nie brand nie) giet die asyn by en strooi die suiker oor. Hou aan braai tot die uie heeltemal verbruin en taaierig raak. Roer nou die bacon by en roerbraai tot dit gaar is. Voeg die boontjies met bietjie peper by en laat dit prut tot deur warm.
Bedien saam met tamatieskywe wat in botter gebraai is en gebakte eiers.
Bron en foto: Adam Cloete.








