UIESOUS
600 ml volroommelk
2 naeltjies
1 bay leaf (lourieblare)
6 klein piekelgrootte uie,geskil en gehalveer
2 koppies van die water waarin die uie gekook het
6 eetlepels botter
6 eetlepels koekmeel
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
varsgerasperde neutmuskaat
Giet die melk in ‘n kastrol en voeg die naeltjies en bay leaf by.Bring tot kookpunt,hou eenkant terwyl uie kook.
Plaas die uie in ‘n kastrol en bedek goed met water tenminste 2 koppies. Voeg sout by.
Meet 2 koppies daarvan af en voeg by die melk. Smelt die botter in ‘n swaarboompot en roer die meel by.
Haal van die hitte af en roer die melk-en-uie mengsel versigtig by.
Plaas terug en kook, terwyl jy aanhouend roer totdat die sous dik word. Roer die uie by en geur met sout en peper na smaak. Roer die neutmuskaat heel by en bedien saam met die hoender.
BRON – Stefan Hendricks








