

TAMATIE-LAMSVLEIS MET KLUITJIES POT
45 ml olyfolie
Sout en vars gemaalde swart peper na smaak
1 roosmaryn takkie
2 knoffelhuisies fyngedruk
2 stukkies vars gemmer
10 ml suiker
3 groot aartappels in kwarte gesny
2 groot wortels gesny
6 lamsboud tjops, in groot blokke gesny
3 uie in skywe gesny
4 tamaties geskil en gekap of 1 blikkie tamaties
375 ml vleisaftreksel
1 koppie Rose wyn
1½koppies groenboontjies grof gekerf
Plaas in gietysterpot oor matige kole of op die stoof. Verhit die olie in die pot en braai die uie en knoffel tot uie deurskynend is, sit vleis by en braai tot goudbruin. Giet die wyn oor en laat prut tot sous lekker dik raak.
Voeg geurmiddels by. Voeg gemmer, tamaties, suiker en aftreksel by en prut vir 1 ½ uur. Voeg aartappels en wortel by, (en groenbone indien gebruik) maak toe en prut vir ‘n verdere 30 min. tot vleis en groente alles sag is. Proe vir sout en pas aan.
Nota: Indien jy ‘n blikkie tamaties, gebruik hou dit en voeg heel laaste by wanneer die ander groente klaar sag is, kook dan net deur.
Indien verkies kan 125 ml room aangemaak met 2 hoog vol teelepels bruin uiesoppoeier en bygevoeg word vir ‘n romeriger sous.
Maak kluitjies, skep dit bo-op die vleis. Sit deksel op en wag sowat 12 min. Sit dadelik voor.
KLUITJIES
250 ml bruismeel
10 ml botter
1 eier geklits
5 ml sout
15 ml vars of 5ml droë gemengde kruie
60 ml melk
Sif meel en sout saam. Vryf botter in tot mengsel soos broodkrummels lyk. Voeg kruie by. Klits melk en eier saam. Meng liggies met meel. Skep lepels vol bo-op vleis pot Sit deksel op. Moenie die deksel oplig vir ten minste 10-12 min terwyl die kluitjies kook nie.
Resep en foto: Rina Kleinhans
Nota: Foto is geneem sonder die kluitjies






