

SWARTWOUDKOEK
Hier is die resep wat ek gemaak het….
500 ml koekeel
20 ml bakpoeier
60 ml kakao
1 ml sout
375 ml suiker
4 eiers geskei
270 ml olie
5 ml vanilla geursel
275 ml kookwater
Sif al die droë bestanddele saam.
Klits eiergele, olie en vanilla saam.
Meng by droë bestanddele saam met kook water.
Klits eierwitte styf en vou in mengsel in.
Skep in gesmeerde panne en bak by 180°C vir so 30 min.
Wanneer koeke afgekoel is sprinkel met Cherry Kirch liquer.
Room mengsel:
Klits styf 500 ml Room met 90 ml versiersuiker.
Cherrie mengsel:
2 blikke swartkersies
Bring volgende tot kookpunt en kook so 5 min:
½ koppie van geblikte cherrie sous
1 koppie suiker
¼ koppie maizena
5 ml vanilla
kersies
Laat afkoel en gebruik kersies (‘n paar binne en res bo-op)
BRON – Frances Smith






