

SMOORSNOEK MET GEBAKTE PATATS
500 g snoek, gaargemaak en die vel en grate verwyder
2 e margarine
2 uie, fyn gekap
2 tamaties, in blokkies gesny
2 e vars pietersielie, fyngekap
1 t sout
1 t swartpeper, varsgemaal
2 t suurlemoenskil, gerasper
4 aartappels, gaar en in blokkies gesny
Metode:
Die snoek kan in die oond gebak word, gekook word, of oor die kole gebraai word todat dit gaar is. Vlok die vis met ‘n vurk. Verhit die margarine in ‘n pan of kastrol en soteer die uie tot deurskynend. Voeg die tamaties by en braai effens. Voeg die res van die bestanddele by en smoor dit ‘n halfuur lank oor matige hitte en roer dit af en toe sodat dit nie aanbrand nie. Dien dit met gekookte rys en gebakte patats op.
Resep: Carol Claassen
Foto: Adam Cloete
Nota van Adam: Ek het net in plaas van peper, 2 teelepels mild Malay kerrie en 2 teelepels cumin poeier bygesit vir daardie ekstra geurtjie.






