POF MACARONI
Nog ‘n maklike een om te maak wanneer jy gaar macaroni het.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans
FOOD LOVERS RECIPES
1 koppie gaar macaroni
1 ½ koppie broodkrummels
4 eiers
1 koppie warm melk
1 ½ koppie gerasperde kaas
sout
Meng krummels en eiergele.
Sit kaas, macaroni en sout by en meng.
Vou laaste styfgeklopte eierwitte by, moenie te veel roer en klits nie, die eierwitte moet net goed ingemeng wees met ‘n lepel.
Skep in vuurvaste skottel.
Bak tot gaar en mooi gekeur.
Stukkies spek of vleis van jou keuse kan ook ingesit word.









