

SLAPPAPPOFFERS
100 ml mieliemeel
500 ml water
1 eier, geklits
250 ml bruismeel
2 ml mosterd poeier
2 ml sout
knypie rooipeper
125 ml gerasperde Cheddar kaas
kookolie vir diep braai
aromat na smaak
Meng die mieliemeel en water in ‘n pot en verhit tot kookpunt. Plaas die deksel op en kook vir 15-20 minute tot ‘n slappap, roer af en toe.
Laat die pap afkoel tot louwarm. Voeg die eier by die pap en meng deur. Sif die bruismeel, mosterd, sout en peper saam en meng goed met die papmengsel. Voeg die kaas by en meng deur. Die kaas kan weggelaat word indien verkies. Skep teelepels van die beslag in warm diep olie en braai alkant tot goudbruin.
Dreineer die gaar poffertjies op kombuispapier en strooi geuropwekker (bv Aromat) oor.
Bedien die poffers warm of koud.
Nota Elize de Kock – ek het hierdie poffers baie gemaak, moenie gaarmaak voor die tyd nie, “prep” alles en hou die beslag in die yskas. Maak dit gaar net voor bediening. Koud of later is die poffers nie lekker nie, ek maak net genoeg en hou die res van die beslag in die yskas vir die volgende dag. Voeg rissievlokkies, gegeurde sout of braaispeserye by vir ekstra smaak.
Resep en foto: Adam Cloete






