SALM MET KOREAANSE FRIED RICE
Kook n 1 koppie appelsap en so 1 eetlepel heuning saam vir n tydjie, laat dit afkoel en laat die salmon daarin le 5 min aan ‘n kant en braai dit dan in ‘n pan. Baie kort hy moet nog ‘n pienk binne in wees! Lekkerste, vinnigste resep vir lekker salmon.
Die rys het ek gaar gemaak in my ryskoker(is immers in korea) en toe het ek peppers, zucchini, uie en broccoli gebraai in olyfolie tot net net gaar en toe gooi ek die rys daarby en braai dit saam!
Soja sous bietjie sout en peper en whala….heerlike koreaanse fried rice!
Resep en foto: Ané Viljoen






