

ROMERIGE SAMPIOENSOP
8-10 porsies
60 ml botter
1 ui fyngekap
750 g gemengde sampioene gesnipper
125 ml sjerrie
60 ml koekmeel
750 ml ligte hoenderaftreksel
500 ml melk
Sout en peper na smaak
250 ml room
60 ml ekstra sjerrie
Verhit die botter en braai die ui tot sag. Voeg amper al die sampioene by en braai tot gaar en droog. (Hou ‘n handvol een kant) Voeg die sjerrie by en kook tot die meeste daarvan afgekook is. Sprinkel die meel oor en laat die mengselborrel. Voeg die aftreksel en melk by en verhit tot kookpunt terwyl geroer word. Prut vir drie munite. Puree die sop met ‘n staafmenger of in die voedselverwerker. Giet terug in die kastrol en geur na smaak. Verhit tot net onder kookpunt en roer die room en ekstra sjerrie by. Braai die orige sampioene in ‘n klein bietjie botter tot goudbruin en rond die sop daarmee af Sit warm voor
Geplaas deur Rina Kleinhans
Foto: Charmaine Du Toit Meldrum







geskuif