DEWALD SE BRAAIVLEIS MARINADE
Proe baie soos Spur se spareribs en nog lekkerder, dink vir jouself dan is dit nie die gewone plein vleis soos wat die meeste braaie is nie, die een het meer sappigheid en smaak. Die sous help dat alles vinniger sal gaar word en dit smaak ongelooflik. Probeer dit julle sal weer terugkom na my.
Meng die volgende saam:
½ ui, gerasper
¼ bottel Wellington tamatiesous
¾ teelepel fyn knoffel
3 teelepels suiker
2 – 3 knippies sout
3 knippies swart peper
¼ bottel gewone Mrs Balls blatjang
1 rooi soetrissie, baie fyn opgekerf
1 pakkie BBQ spice
4 druppels Worcestersous
paar druppels donker asyn
1 teelepel appelkooskonfyt
1 eetlepel meduim kerrie, opsioneel
4 groot teelepels olie
¼ – ½ koppie water
Meng die sous in ‘n roomysbak. As dit dalk bietjie te dun is, meng nog ‘n bietjie tamatiesous in.
MOENIE weer blatjang of Worcestersous ingooi nie, sal soos ‘n paste uitkom as dit mooi gemeng en geroer is.
Meng die vleis deur die sous en sit dit in die staal bak of pot.
Maak seker die sous is mooi ingevryf teen die vleis.
As daar bietjie sous oorbly, giet dit ook oor die vleis in die pot en plaas die deksel op.
Hou in die yskas oornag en braai die volgende dag.
Bron: Dewald Botha









Retha Booysen van Rensburg
Oooeee dit is en bly ‘n wenner! Ons doen dit ook al jare lank! Jy moet één ding weet, as jy mense kry, braai net asb dubbeld soveel van die gemarineerde vleis. Daar bly NOOIT oor nie!!!