


PIESANGPOEDING MET GOUESTROOP
Hierdie poeding is propvol piesanggeur en kan saam met of sonder roomys voorgesit word.
Genoeg vir 6
250 ml (1 koppie) meel
’n knippie sout
125 ml (½ koppie) strooisuiker
15 ml (1 eetlepel) bakpoeier
2 ryp piesangs, fyngemaak
250 ml (1 koppie) melk
50 g botter, gesmelt
1 eier, liggies geklits
5 ml (1 teelepel) vanieljegeursel
BOLAAG
250 ml (1 koppie) bruinsuiker
45 ml (3 eetlepel) gouestroop
250 ml (1 koppie) kookwater
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n bakpan met botter.
Sif die meel, sout, suiker en bakpoeier in ’n groot mengbak. Voeg die piesangs, melk, botter, eier en vanieljegeursel en klits tot net gemeng. Giet in die bakpan.
BOLAAG:
Plaas die bruinsuiker, gouestroop en kookwater in ’n klein kastrol en bring tot kookpunt. Of kook sommer net vinnig in die mikrogolf dat die suiker net oplos.
Giet die helfte van die sous versigtig oor die agterkant van ‘n groot lepel oor die poeding en bak 30 min. of tot deurgaar.
Giet die orige sous oor terwyl die poeding nog warm is. Sit die poeding warm voor of by kamertemperatuur.
FOTO: Rina Kleinhans

Foto: Adam Cloete







Hier in die middel van die week eet ons toe ‘n heerlike poeding want ek het teveel ryp piesang. Ek kan hierdie een regtig aanbeveel dit is uit die boeke heerlik, net bietjie soet, ons het hom met vla geeet, en dit baie geniet. Die poeding vorm sommer ‘n heerlike eie sousie