

PASTORIE HOENDER MET VARIASIE
1 pak hoenderstukke
hoenderspeserye en sout na smaak
naeltjies en hoender aftreksel (Stock) poeier by is ook heerlik
opsioneel.
500 ml rou rys
1 pakkie beesvleis en groete sop poeier
2 uie
2 tamaties
500 ml kookwater (lees nota)
Neem ‘n oondpan of oondkasserol en gooi die rys onderin.
Strooi die soppoeier oor die rys.
Braai die tamaties en uie en smeer bo oor.
Pak die hoender stukke bo op en geur.
Gooi die water oor.
Maak toe met foelie of deksel.
Bak tot gaar teen 180ºC.
Haal die foelie of deksel af en maak die hoenderstukke bruin.
Wenke:
Die water volgens die resep was te min om die rys mooi gaar te kry.
Ek gooi water op totdat die rys amper bedek is.
Die rys en hoender kan vermeeder of verminder word net soos wat jy wil.
Feitlik enige tipe rys kan gebruik word.
Bruinrys is gesonder.
Variasie:
Gebruik ander sop mengsels.
Gebruik geblikte tamaties en uie.
Gebruik klein tamatietjies.
Smeer 1 of 2 blikke kerrie groente oor die rys in plaas van sop.
As jy die groente of soppoeier effens deur roer deur die rou rys, gee dit die rys meer smaak en kleur.
Die oorskiet rys maak `n lekker koue (of kamertemperatuur) “slaai“







‘n Blikkie Chakalakka is lekker by die rys ingeroer voor jy die hoender bo-op sit.