PANNEKOEK TOEBROODJIES
Smeer lekker dik appelkooskonfyt of aarbeikonfyt op een sny brood en plaas ander sny bo-op.
Druk effens vas. Doop in pannekoek deeg en braai in vlak olie tot gaar.
Strooi kaneelsuiker oor en geniet as nagereg.
Nota: Ek glo mens kan enige smeer wat stewig genoeg is gebruik. Dink nutella sal ook lekker wees of selfs maple stroop maar moet dan nie te dik opsmeer nie.
Bron: Jacques Marianne Van Niekerk








