PAMPOENROL IN STROOP
250 gram koekmeelblom – 450 ml ongesif afgemeet –
10 ml bakpoeier
1 ml sout
125 gram botter/margarien
2 eiers geklits
melk indien nodig
koue gaar oorskiet pampoen
fyn appelkooskonfyt
Stroop
375 ml kookwater
250 ml witsuiker
25 ml margarien
knypie gemaalde neutmuskaat
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam.
Frummel die margarien met vingers in.
Voeg eiers by en meng tot stywe deeg wat maklik kan uitrol
Voeg n bietjie melk by indien te styf –
Rol die deeg in n groot reghoek uit.
Smeer fyn pampoen op deeg
Rol die rol soos n rolkoek op
Plaas in n groot langwerpige oondvaste bak
Smeer appelkooskonfyt oor
Meng die best. Vir die stroop
Giet versigtig oor rol
Bak 1 uur in n voorverhitte oond by 180
Drup stroop oor gedurende bakproses.
Resep: Amanda Struwig
Foto: Adam Cloete
Nota: Ek het hierdie resep gisteraand probeer, maar met oranje Jewel Patats in plaas van pampoen. Ek het ook nie konfyt oorgesmeer nie om dit minder soet te kry. Ek het geen idee hoe dit veronderstel is om te kom nie en myne het effens gesak na dit effens afgekoel het. Lekker as so ‘n bykossie saam met ‘n boere bredie en lekker slaai.









Geskuif