OORSKIETKOEKIES
Ek meng alles wat Sondag oorgebly het, behalwe die soet groente. Dit wat grof was soos heel aartappels of blomkool druk ek eers fyn. Rys, al die ander groente, stukkies vleis ens. kom by.
Gooi net n eier, bietjie bakpoeier en koekmeel by tot n lekker degie en bak in vlak olie. Altyd heerlik, maak nie saak watse groente jy gebruik nie.
Jy kan ook kaas op die fyn kant van die rasper, rasper en bymeng. Selfs gekerfde biltong vir afwisseling.
Bron: Jacques Marianne Van Niekerk








