OKKERNEUTKOEK
3 Eiers
3/4 koppie suiker
1 1/2 koppie meel
3 teelepels bakpoeier
1/2 teelepel sout
1 koppie gemaalde okkerneute
1 teelepel vanielje
90 g botter
1 koppie melk
Klits eiers goed, voeg suiker by
Sif meel, bakpoeier en sout saam.
Voeg by eiermengsel plus vanielje.
Kook melk en botter saam. Voeg by bo-genoemde. Voeg 1 koppie gemaalde okkerneute by.
Meng goed deur.
Bak in gesmeerde panne @ 180ºC vir 25 – 30 minute








