LEKKERBEK POEDING
Sous: Kook die volgende saam:
2 koppies melk
1 koppie suiker
2 eetlepels botter
Knippie sout
Deeg:
8 eetlepels koekmeel
4 eetlepels suiker
2 eetlepels botter
2 eiers
1 teelepels koeksoda
1 teelepels bakpoeier
4 eetlepels appelkooskonfyt
Bietjie melk om te meng
Room botter en suiker, roer eiers een vir een in en klits goed. Voeg dan ander bestanddele by en meng goed.
Giet die sous in ‘n oond bak (casserole) en skep die deeg in die sous.
Sit die deksel op en bak by 180° vir 30 minute.
Nota:
My seun maak die sous dubbeld aan dan kook hy die een helfte apart en skep dit oor as die poeding klaar is, baie lekker!
Resep en foto: JAN POOL SNR
Nota en foto van Charmaine Timmerman:
Ek het ook 1 teelepel vanilla geursel (5 ml) by die sous gevoeg.
Johan Snyder Ek het hom bietjie ge-metriseer vir myself
Lekkerbek poeding.
500 ml melk
250 ml suiker
25 ml botter
Knippie sout
Kook bogenoemde saam.
Deeg:
100 ml koekmeel
50 ml suiker
25 ml botter
2 eiers
5 ml koeksoda
5 ml bakpoeier
20 ml appelkooskonfyt
Bietjie melk om te meng
Meode soos bo.








