

LEKKER PYNAPPEL FRIKKADELLE
1 kg maalvleis
1 groot of 2 kleiner uie
1/2 soerissie
2 eetlepels pietersielie
2 eiers
1 sny brood
3 teelepels tamatiesous
2 teelepels sout
1 teelepel swartpeper
1 teelepel paprika
1 teelepel tjop speserye (of na smaak)
1 teelepel sojasous
klontjies botter
SOUS
250 gr gekapte bacon
1 klein ui
1 blik pynappel stukke of moes
2 groot geelwortels, gerasper
1/2 soetissie
2 eetlepels sojasous
3 teelepels asyn
3 teelepels Mazina
1/2 teelepel tabascosous
Meng al die bestanddele van die frikkadelle (behalwe die botter) en vorm balletjies, pak in oondskottel, stip met botter en stowe tot gaar.
Sit in opdien bak en hou warm.
Braai nou die spek en uie tot gaar en voeg dan al die sousbestanddele (pynappelsous ook) by en prut tot wortels gaar is. Gooi dit oor die frikkadelle en bedien.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans






