


KORSLOSE HOENDERPASTEI
1 hoender
2 eiers
¼ koppie mayonaise
1 k gekookte rys
2 pakkies Simba chips
1 steel selery
1 blik room sampioene sop
1 pakkie sampioen sop
1 ui
1 koppie ertjies
hoender aftreksel
melk en water
gerasperde kaas
Kook hoender en sny in fyn blokkies.
Kook eiers hard en sny fyn.
Druk Simba chips fyn.
Maak sop aan soos op aanwysings maar vervang die helfte van die vloeistof met melk en die ander helfte met water.
Kap ui fyn en en braai in botter.
Meng alles behalwe aftreksel saam.
Plaas in oondbak.
Indien te droog voeg hoenderaftreksel by.
Strooi gerasperde kaas oor.
Ek gebruik ‘n oorgooi kors ook oor hierdie pastei:
OORGOOIKORS:
180 ml melk
150 ml olie
300 ml meel
15 ml bakpoeier
1 ml sout
Meng alles, gooi bo-oor.
Strooi bietjie kaas bo-oor en bak.
Bak in oond teen 200º C vir 10 tot 15 minute.
Vir die mini pasteitjies
Onder het ek ‘n gewone “shortcrust” degie gebruik. Uitgerol en in pannetjies gesit, Vulsel dadelik ingeskep, degie oorgegooi, met kaas gestrooi en toe gebak vir so 20 minute.
Resep: Amanda Struwig






