

KOESKOES HOPIES – COUSCOUS MOULDS
Maak koeskoes volgens aanwysings op die pak. Gebruik die hoeveelheid bestanddele sooos verkies en volgens die hoeveelheid porsies jy benodig.
Roerbraai:
groenbone, gekerf
sampioene, opgesny
murgpampoentjies, opgesny
wortels, opgesny of gerasper
kool, gekerf
uie, opgesny
Roerbraai die groente ‘n paar minute in varkvet of kookolie in ‘n warm pan.
Geur met sojasous en meng met die gaar koeskoes.
Deel die mengsel op in porsies van ongeveer 1 koppie elke en meng elk met een eier.
Spuit ramekin bakkies met kleefwerende kossproei en skep die koeskoesmengsel in tot so ½ cm van bo af.
Bak in ‘n voorverhitte oond teen 180°C vir 25 – 30 minute. Laat effens afkoel en keer uit op ‘n bord.
Bron en foto: Jacques Marianne Van Niekerk






