KERRIE MAALVLEISROL
Vulsel:
500 g maalvleis
1 ui gekap
1 knoffelhuisie
1 eetlepel kookolie
1 eetlepel kerriepoeier
sout
1 wortel in blokkies
handvol sultanas
1 eetlepel asyn
1 eetlepel blatjang
Deeg:
2 koppie koekmeel
1 teelepel sout
½ teelepel neut vars gerasper
4 eetlepel botter
Kerriesous:
1 eetlepel kookolie
1 ui gekap
handvol sultanas
1 eetlepel kerriepoeier
1 teelepel borrie
1 koppie vleisaftreksel
sout
1 eetlepel blatjang
2 teelepels asyn
Braai uie en knoffel, voeg kerrie en sout by braai. Voeg mallvleis by, voeg al die ander bestanddele by, laat prut tot gaar.
Deeg:
Voeg droë bestanddele en botter bymekaar, meng tot lyk soos mieliemeel, vroeg bietjie water by tot stywe deeg. Rol uit in reghoek, smeer afgekoelde maalvleis bo oor, rol op en seël met koue water.
Sous:
Braai ui en sultanas in olie, voeg kerrie en borrie by en braai.
Voeg al die oorblywende bestandele by en kook deur.
Plaas rol in gesmeerde oondbak en skep sous oor.
Bak by 200ºC vir 30 tot 40 min.
Resep en foto: Elmarie Smit