

HEERLIKE WARM BRUINPOEDING
Kook saam in kastrol:
1/2 koppie room
1 1/2 koppie melk
1 koppie suiker
Meng:
2 eiers
2 eetlepels botter
2 koppies meel
2 koppies bruinsuiker( triacle )
1 koppie melk
2 teelepels koeksoda en laaste
4 eetlepels appelkooskonfyt
Skep lepels hiervan in die kookmengsel.
Sit deksel op en kook vir 1/2 uur op matige hitte.
Bedien met vla.
Resep geplaas deur Freda Strauss
Hierdie resep kom uit n boek uit wat my oorlede skoonma vir my gegee het. Hierdie boek is in 1963 uitgegee deur die AGS gemeente van Brakpan






