GROWWE SADE EN NEUTE BESKUIT
1 kg margarien
5 koppies sagte bruin suiker
2 koppies olie
25 ml vanilla
1 liter karringmelk
4 eiers
125 ml room
2 kg bruismeel
30 ml bakpoeier
10 ml sout
60 ml klapper
2 koppies semels
1 koppie nutty wheat
2 koppies oats
1 koppie sesame saad
1 koppie lynsaad
1 koppie sonneblomsaad
1 koppie poppiesaad
1 koppie gekapte pekanneute
Smelt margarien en suiker saam.
Klits olie, vanilla, karringmelk, eiers en room saam.
Voeg dit by gesmelte margarien en meng goed.
Meng al die droë bestanddele saam en voeg karringmelkmengsel by. Meng goed.
Druk in pan en bak by voorverhitte oond teen
Bak 1 uur – 35 min by 180°C en dan nog 25 min by 160°C
As mengsel te styf is, voeg bietjie melk by.
Resep: Amanda Struwig









Is die resep reg? Dit lyk vrek baie olie (1Kg margarien & 2 koppies olie = 6 Koppies olierigheid?) en die baktyd is ook verkeerd dit moet anders om wees. Dit lyk vir my die is nie n beproefde resep nie.
More Jeanne
Dit is Amanda Struwig se resep wat sy gereeld bak, ek het haar gevra om vir ons na die resep te kyk en nier is haar antwoord:
More Rina. Dis 2 van my resepte wat ek saamgevoeg het en ja defnitief beproef. Mense het dit al gebak en teruggekom op die groep en dankie gesê. Ek bak dit so gereeld, sal gou bietjie loer en kyk of ek verstellings al gemaak het.
Hi… al verskil is dat ek sien ek het my resep na 2.5kg bruismeel verander, res is reg. Ek sal hom weer bak en dan terugvoer gee, maar as dit vir ander mense eerste keer gewerk het, sal hy reg wees.