GROWWE SADE EN NEUTE BESKUIT

tested

GROWWE SADE EN NEUTE BESKUIT
1 kg margarien
5 koppies sagte bruin suiker
2 koppies olie
25 ml vanilla
1 liter karringmelk
4 eiers
125 ml room
2 kg bruismeel
30 ml bakpoeier
10 ml sout
60 ml klapper
2 koppies semels
1 koppie nutty wheat
2 koppies oats
1 koppie sesame saad
1 koppie lynsaad
1 koppie sonneblomsaad
1 koppie poppiesaad
1 koppie gekapte pekanneute

Smelt margarien en suiker saam.
Klits olie, vanilla, karringmelk, eiers en room saam.
Voeg dit by gesmelte margarien en meng goed.
Meng al die droë bestanddele saam en voeg karringmelkmengsel by. Meng goed.
Druk in pan en bak by voorverhitte oond teen
Bak 1 uur – 35 min by 180°C en dan nog 25 min by 160°C
As mengsel te styf is, voeg bietjie melk by.

Resep: Amanda Struwig