GEVULDE WILDS FILLET
2 x filette ( Wildsvleis van jou keuse )
450 ml bier
125 ml olyfolie
50 ml blatjamg
25 ml suurlemoensap
2 uie baie fyn gesny
25 ml mosterd sous
Meng al die bestanddele saam en plaas die vleis daarin vir 24 uur
VULSEL:
1 pakkie ontbytspek
1 blikkie sampioene in halwes gesny
1 uie fyngekap
1 pakkie sampioenroomsop
1 groenrissie, fyngekap
BEDIEN MET :
Appelkooskonfyt
Sny die vleis in die middel, so twee derdes deur. Meng al die bestanddele vir die vulsel saam. Stop die fillette met die mengsel. Steek toe met peuselstokkies.
Rooster tot medium gaar.
Smeer appelkooskonfyt bo-oor
Bron en foto: Johan Du Preez Snr