ELSABIE SE WILDSVLEIS SOUS
Ek gebruik dit elke winter wanneer ek wildsvleis kry. Ek het die resep die eerste keer aanmekaar geslaan toe ek ‘n rooibok nek in dit gaargemaak het. Ek kon die vleis met ‘n vurk van die bene afkrap so sag was dit.
Sous om oor die nek te gooi – die nek was nie in stukke gesny nie, een groot heel stuk
BESTANDELE
2 koppies Passata tamatie pasta sous – enige tamatie basis pasta sous sal werk solank dit ‘n dik sous is
1 koppie rooiwyn
1 koppie Steers Burger Relish (dit was in die yskas toe gebruik ek dit maar!)
½ koppie olyf olie
1 groot gekapte ui
4 huisies knoffel fyn gedruk
1 eetlepel roosmaryn – droog
METODE
Meng die sous bestandele saam en gooi oor die nek in ‘n oondskottel.
Maak goed toe met foelie of sit deksel op en bak by 160 * C vir so 4 ure.
Draai halfpad om en skep weer die sous oor die vleis.
Ek het eers heel op die einde sout oor gegooi.
BRON: Elsabie Templeton








